LUKAS 6:45
LUKAS 6:45 Bybel vir almal (ABA)
Dit is dieselfde by mense: 'n Goeie mens praat en doen goeie dinge omdat hy in sy hart goed is. En 'n slegte mens praat en doen slegte dinge omdat hy in sy hart sleg is. Ja, 'n mens praat oor die baie dinge wat in sy hart is.”
LUKAS 6:45 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die goeie mens bring uit die goeie skat van sy hart te voorskyn wat goed is; en die slegte mens bring uit die slegte skat van sy hart te voorskyn wat sleg is; want uit die oorvloed van die hart spreek sy mond.
LUKAS 6:45 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die goeie mens bring die goeie te voorskyn uit die oorvloed goeie dinge in sy hart, en die slegte mens bring die slegte te voorskyn uit die oorvloed slegte dinge. Waar die hart van vol is, loop die mond van oor.”
LUKAS 6:45 Die Boodskap (DB)
Goeie mense is soos goeie bome. Uit hulle binneste kom daar net goeie dinge. En slegte mense is soos slegte bome. Uit hulle binneste kom daar net lelike dinge. Luister maar net wat mense sê, dan weet julle watter soort mense hulle is. Mense se woorde wys wat in hulle harte aangaan.