LUKAS 6:38
LUKAS 6:38 Bybel vir almal (ABA)
“Dit moet vir julle maklik wees om vir ander mense iets te gee, want dan sal hulle vir julle ook iets gee. Ja, hulle sal vir julle baie meer gee, want wat julle aan ander mense doen, sal hulle aan julle doen.”
LUKAS 6:38 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Gee, en aan julle sal gegee word. 'n Goeie maat wat ingedruk en geskud en oorlopend is, sal hulle in jul skoot gee, want met dieselfde maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word.
LUKAS 6:38 Afrikaans 1983 (AFR83)
Gee, en vir julle sal gegee word: 'n goeie maat, ingestamp, geskud en propvol, sal hulle in julle hande gee. Met die maat waarmee julle meet, sal ook vir julle gemeet word.”
LUKAS 6:38 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Gee, en aan julle sal gegee word – 'n goeie maat, saamgepers, ingeskud en tot oorlopens toe vol, sal in julle skoot val. Want met die maat waarmee julle meet, sal vir julle afgemeet word. ”
LUKAS 6:38 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Gee, en aan julle sal gegee word; goeie maat, ingedruk en saamgeskud en oorstroom, sal die mense in jou boesem gee. Want met dieselfde maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word.
LUKAS 6:38 Die Boodskap (DB)
“Deel julle besittings met ander, dan sal God vir julle sorg. Julle sal nooit te min hê om van te leef nie. Julle sal van kop tot tone oorlaai word met goeie dinge. Ja, julle ganse lewe sal oorloop van goedheid. Al die goeie dinge wat julle met ander deel, sal op verrassende maniere na julle toe terugkom.
LUKAS 6:38 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
As julle gee, sal julle ontvang. Julle gawe sal na julle terugkom in volle maat, ingestamp, geskud om plek vir meer te maak, tot oorlopens toe vol. Met watter maat julle ook al meet – klein of groot – dit sal gebruik word om te meet wat julle sal terugontvang.”