LUKAS 6:35
LUKAS 6:35 Bybel vir almal (ABA)
“Nee, julle moet anders wees. Julle moet lief wees vir julle vyande. Julle moet goed wees vir mense, julle moet vir hulle dinge leen, maar julle moenie hoop om iets terug te kry nie. Dan sal die Here goeie dinge vir julle gee. Julle sal kinders van die Hoogste God wees. Want God is goed vir almal, ook vir die mense wat nie dankbaar is nie en wat sleg is.
LUKAS 6:35 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar julle moet jul vyande liefhê en goed doen en leen sonder om iets terug te verwag, en julle loon sal groot wees; en julle sal kinders van die Allerhoogste wees; want Hy self is goedertieren oor die ondankbares en slegtes.
LUKAS 6:35 Afrikaans 1983 (AFR83)
Nee, sonder om iets terug te verwag, moet julle julle vyande liefhê en goed doen en uitleen. Dan sal daar vir julle 'n groot beloning wees: julle sal kinders van die Allerhoogste wees, omdat Hy self goed is vir die ondankbares en slegtes.
LUKAS 6:35 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Nee, julle moet julle vyande liefhê, doen goeie dade, en leen uit sonder om iets terug te verwag. Dan sal julle 'n groot beloning ontvang en kinders van die Allerhoogste wees, omdat Hy self die ondankbares en slegtes goed behandel.
LUKAS 6:35 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar julle moet julle vyande liefhê en goed doen en leen sonder om weer op niks te hoop nie; en julle loon sal groot wees, en julle sal kinders van die Allerhoogste wees, want Hy is goed vir die ondankbares en die slegtes.
LUKAS 6:35 Die Boodskap (DB)
“Ek sê vir julle: julle moet julle vyande liefhê. Doen goed aan hulle. Deel julle besittings met ander sonder om iets terug te verwag. Dan wag daar ’n groot prys op julle in die hemel. As julle vir ander mense omgee sonder om enigiets terug te verwag, is julle regtig kinders van die Allerhoogste.
LUKAS 6:35 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Nee, julle moet ook julle výande liefhê! Doen goed aan hulle! Leen aan hulle! En moenie bekommerd wees dat hulle julle dalk nie kan terugbetaal nie. Dan sal julle beloning in die hemel baie groot wees, en julle sal werklik optree as kinders van die Allerhoogste, want Hy is goed vir die ondankbares en die slegtes.