LUKAS 6:29-30
LUKAS 6:29-30 Bybel vir almal (ABA)
“As iemand jou op jou wang slaan, dan moet jy jou gesig draai sodat hy jou ook op jou ander wang kan slaan. As iemand jou bo-kleed vat, dan moet jy ook jou onderkleed vir hom gee. “Jy moet vir elkeen gee wat vir jou iets vra. En as iemand jou goed vat, dan moet jy dit nie terugvra nie.
LUKAS 6:29-30 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Aan hom wat jou op die wang slaan, moet jy ook die ander een aanbied; en aan hom wat jou bo-kleed neem, moet jy ook die onderkleed nie weier nie. Maar gee aan elkeen wat jou iets vra, en eis jou goed nie terug van hom wat dit neem nie.
LUKAS 6:29-30 Afrikaans 1983 (AFR83)
As iemand jou op die een wang slaan, bied hom ook die ander een aan. En vir iemand wat jou boklere vat, moet jy ook jou onderklere nie weier nie. Aan elkeen wat iets vra, moet jy gee; en as iemand jou goed vat, moet jy dit nie terugeis nie.
LUKAS 6:29-30 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
As iemand jou op die een wang slaan, draai vir hom ook die ander een. En as iemand jou bokleed vat, moet hom ook jou onderkleed nie weier nie. Gee aan elkeen wat iets van jou vra, en wanneer iemand vat wat aan jou behoort, moet jy dit nie terugeis nie.
LUKAS 6:29-30 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En aan hom wat jou op die een wang slaan, offer ook die ander; en hy wat jou mantel wegneem, moenie ook jou mantel wegneem nie. Gee aan elkeen wat van jou vra; en van hom wat jou goed wegneem, vra dit nie weer nie.
LUKAS 6:29-30 Die Boodskap (DB)
“As iemand jou deur jou gesig klap om jou te beledig, moenie terugslaan nie. Nee, sê vir hom om jou sommer nog ’n keer op jou ander wang te klap. “As iemand jou klere wil vat, skenk dan nog ’n ekstra stel van jou beste klere aan hom. “As iemand iets van jou wil hê, gee dit. Wanneer iemand iets van jou gevat het, moenie dit later gaan terugvra nie.