LUKAS 6:20
LUKAS 6:20 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Hy het sy oë op sy dissipels opgeslaan en gesê: Geseënd is julle armes, want aan julle behoort die koninkryk van God.
LUKAS 6:20 Bybel vir almal (ABA)
Jesus kyk toe na sy dissipels en Hy sê vir hulle: Julle wat arm is, is gelukkige mense, want God is julle Koning.
LUKAS 6:20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe slaan Hy sy oë op oor sy dissipels en sê: Salig is julle, armes, want aan julle behoort die koninkryk van God.
LUKAS 6:20 Afrikaans 1983 (AFR83)
Jesus het sy dissipels aangekyk en gesê: “Geseënd is julle wat arm is, want aan julle behoort die koninkryk van God.
LUKAS 6:20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe het Hy sy oë op sy dissipels gerig en gesê: “Gelukkig is julle wat arm is, want die •koninkryk van God behoort aan julle.