LUKAS 6:1
LUKAS 6:1 Bybel vir almal (ABA)
Jesus en sy dissipels het op 'n Sabbatdag deur 'n koringland geloop. Die dissipels het van die koring-are gepluk en hulle het die korrels met hulle hande uitgevryf en dit geëet.
LUKAS 6:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN op die tweede eerste sabbat het Hy deur die gesaaides geloop, en sy dissipels het die are gepluk en met hulle hande uitgevrywe en geëet.
LUKAS 6:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
Eenkeer het Jesus op 'n sabbatdag deur gesaaides geloop. Sy dissipels het are gepluk en dit met die hande uitgevrywe en geëet.
LUKAS 6:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Op 'n keer het Jesus op die Sabbat deur die gesaaides geloop. Sy dissipels het are gepluk en met hulle hande uitgevryf en geëet.
LUKAS 6:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En op die tweede sabbat ná die eerste het hy deur die koringlande gegaan; en sy dissipels het die are gepluk en geëet en dit met hulle hande gevryf.