LUKAS 4:2 - Compare All Versions

LUKAS 4:2 ABA (Bybel vir almal)

Daar het die duiwel 40 dae lank probeer om Jesus verkeerd te laat doen. Jesus het niks geëet nie, en toe die 40 dae verby was, was Hy baie honger.

LUKAS 4:2 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

waar Hy veertig dae lank deur die duiwel versoek is; en Hy het niks geëet in dié dae nie; en toe hulle verby was, het Hy naderhand honger geword.

LUKAS 4:2 AFR83 (Afrikaans 1983)

waar Hy veertig dae lank deur die duiwel versoek is. Die hele tyd het Hy niks geëet nie, sodat Hy aan die einde daarvan honger was.

LUKAS 4:2 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

waar Hy veertig dae lank deur die Duiwel versoek is. Die hele tyd het Hy niks geëet nie, en aan die einde van die tyd was Hy honger.

LUKAS 4:2 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Omdat hy veertig dae deur die duiwel versoek is. En in dié dae het hy niks geëet nie, en toe hulle verby was, het hy daarna honger gehad.

LUKAS 4:2 DB (Die Boodskap)

Daar het die duiwel Hom ingewag. Veertig dae lank het hy Hom getreiter met allerhande versoekings. Gedurende daardie tyd het Jesus niks te ete gehad nie. Toe die 40 dae verby was, was Hy baie honger.

LUKAS 4:2 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

waar die duiwel Hom vir 40 dae lank versoek het. Hy het die hele tyd niks geëet nie en aan die einde daarvan was Hy baie honger.