LUKAS 24:18
LUKAS 24:18 Bybel vir almal (ABA)
Kleopas, een van die mans, het vir Jesus gevra: “Woon jy nie in Jerusalem nie? Weet jy nie van al die dinge wat hier gebeur het in die dae wat verby is nie?”
LUKAS 24:18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die een wie se naam Kléopas was, antwoord en sê vir Hom: Is U alleen 'n vreemdeling in Jerusalem en weet U nie van die dinge wat in hierdie dae daarin gebeur het nie?
LUKAS 24:18 Afrikaans 1983 (AFR83)
en een van hulle, met die naam Kleopas, antwoord Hom: “Is u dan die enigste vreemdeling in Jerusalem dat u nie weet van die dinge wat in die afgelope dae daar gebeur het nie?”
LUKAS 24:18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Een van hulle, met die naam Kleopas, het Hom geantwoord: “Is u die enigste vreemdeling in Jerusalem wat nie weet van die dinge wat in hierdie dae in die stad gebeur het nie?”
LUKAS 24:18 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die een van hulle, wie se naam Kleopas was, antwoord en sê vir hom: Is jy net 'n vreemdeling in Jerusalem en weet jy nie die dinge wat in hierdie dae daar gebeur het nie?