LUKAS 21:28
LUKAS 21:28 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer hierdie dinge begin gebeur, dan moet julle ophou om moedeloos te wees, want dan weet julle dat God julle gou sal kom vrymaak.”
LUKAS 21:28 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En as hierdie dinge begin gebeur, kyk dan na bo en hef julle hoofde op, omdat julle verlossing naby is.
LUKAS 21:28 Afrikaans 1983 (AFR83)
As hierdie dinge begin gebeur, staan dan regop en lig julle kop op, want dan is julle verlossing naby.”
LUKAS 21:28 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wanneer hierdie dinge begin gebeur, staan dan op en lig julle koppe, want julle bevryding is naby. ”
LUKAS 21:28 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En wanneer hierdie dinge begin gebeur, kyk dan op en hef julle hoofde op; want jou verlossing kom naby. En wanneer hierdie dinge begin gebeur, kyk dan op en hef julle hoofde op; want jou verlossing kom naby.
LUKAS 21:28 Die Boodskap (DB)
“Wanneer al hierdie dinge begin gebeur, moet julle nie bang wees nie. Want God se nuwe wêreld waarna julle so uitgesien het, is dan voor die deur. Begin solank kyk of julle nie al die Seun sien aankom nie, want Hy gaan enige oomblik op die toneel verskyn!