LUKAS 21:11
LUKAS 21:11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daar sal hewige aardbewings wees, en op een plek ná die ander sal daar hongersnood en epidemies uitbreek. Daar sal groot en skrikwekkende tekens uit die hemel kom.
LUKAS 21:11 Bybel vir almal (ABA)
Daar sal groot aardbewings wees, op baie plekke sal daar hongersnood wees. Baie mense sal siek word en sterf. Daar sal vreeslike dinge gebeur, en daar sal tekens in die lug wees, tekens wat 'n mens bangmaak.
LUKAS 21:11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En daar sal groot aardbewings op verskillende plekke wees en hongersnode en pessiektes; en daar sal verskriklike dinge en groot tekens van die hemel kom.
LUKAS 21:11 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daar sal groot aardbewings wees; hongersnode en epidemies sal op baie plekke voorkom. Daar sal skrikwekkende dinge wees en groot tekens van die hemel af.