LUKAS 2:44 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion
LUKAS 2:44 AFR83 (Afrikaans 1983)
Omdat hulle gedink het Hy is by die reisgeselskap, het hulle 'n dag lank gereis voordat hulle Hom onder die familie en bekendes begin soek het.
LUKAS 2:44 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Maar omdat hulle gedink het dat Hy by die reisgeselskap was, het hulle 'n dagreis ver gegaan en Hom onder die familie en onder die bekendes gesoek.
LUKAS 2:44 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Sy ouers het Hom eers nie vermis nie omdat hulle gedink het Hy was by ander vriende in die reisgeselskap. Maar toe Hy die aand nog nie sy opwagting gemaak het nie, het hulle by familie en vriende na Hom begin soek.
LUKAS 2:44 DB (Die Boodskap)
Hulle het gedink dat Hy by ander familielede en vriende was wat ook op pad terug was. Eers nadat hulle ’n dag lank op die pad was, het Jesus se pa en ma na Hom begin soek.
LUKAS 2:44 ABA (Bybel vir almal)
Toe hulle sien Jesus is nie by hulle nie, het hulle gedink Hy is by die ander mense wat saam teruggegaan het. Hulle het 'n dag lank geloop en toe het hulle vir Jesus begin soek by hulle familie en vriende.
LUKAS 2:44 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Omdat hulle gedink het dat Hy elders in die reisgeselskap was, was hulle reeds 'n dag lank op pad voordat hulle Hom onder die familie en bekendes begin soek het.
LUKAS 2:44 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar hulle het gedink dat hy in die geselskap was, en hulle het 'n dagreis gegaan; en hulle het hom gesoek onder hulle bloedverwante en bekendes.