LUKAS 19:38
LUKAS 19:38 Bybel vir almal (ABA)
Hulle het geskree: Prys die Man wat kom! Hy is die Koning, die Here het Hom gestuur! Daar is vrede in die hemel, God in die hoogste hemel is Koning!
LUKAS 19:38 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
terwyl hulle sê: Geseënd is die Koning wat kom in die Naam van die Here, vrede in die hemel en heerlikheid in die hoogste hemele!
LUKAS 19:38 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hulle het gesing: “Loof die Koning, Hy wat in die Naam van die Here kom! Vrede in die hemel en eer aan God in die hoogste hemel!”
LUKAS 19:38 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hulle het uitgeroep: “Geseënd is die Koning, Hy wat kom in die Naam van die Here! Vrede in die hemel en heerlikheid in die hoogste! ”
LUKAS 19:38 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
en gesê: Geseënd is die Koning wat kom in die Naam van die Here: vrede in die hemel en heerlikheid in die hoogste hemele.
LUKAS 19:38 Die Boodskap (DB)
Hulle het Jesus soos ’n koning daar in Jerusalem verwelkom en hard uitgeroep: “Prys Hom wat as Koning in die Naam van die Here kom! Nou seëvier God se hemelse vrede. Al die eer kom die allerhoogste God toe.”