LUKAS 19:26
LUKAS 19:26 Bybel vir almal (ABA)
Maar die koning het gesê: ‘Ek sê vir julle, ek sal vir elkeen wat baie het, nog meer gee, en ek sal van elkeen wat nie baie het nie, ook die bietjie wegvat wat hy het.
LUKAS 19:26 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
want ek sê vir julle: Aan elkeen wat het, sal gegee word, maar van hom wat nie het nie, sal weggeneem word ook wat hy het.
LUKAS 19:26 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek sê vir julle: Aan elkeen wat het, sal meer gegee word, en van hom wat nie het nie, sal ook die bietjie wat hy het, weggevat word.
LUKAS 19:26 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
‘Ek sê vir julle, aan elkeen wat het, sal gegee word, en van dié wat nie het nie, sal ook dit wat hy het, weggeneem word.
LUKAS 19:26 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want Ek sê vir julle, aan elkeen wat het, sal gegee word; en van hom wat nie het nie, ook wat hy het, sal van hom weggeneem word.