LUKAS 15:8
LUKAS 15:8 Bybel vir almal (ABA)
“En as daar 'n vrou is wat tien geldstukke het en sy verloor een, wat doen sy? Sy maak lig met 'n lamp, sy vee die huis uit en soek oral totdat sy dit kry.
LUKAS 15:8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Of watter vrou wat tien pennings het, as sy een penning verloor, steek nie 'n lamp op en vee die huis uit en soek sorgvuldig totdat sy dit kry nie?
LUKAS 15:8 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Of watter vrou wat tien silwermuntstukke het en een raak weg, steek nie 'n lamp op en vee die huis uit en soek sorgvuldig totdat sy dit kry nie?
LUKAS 15:8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Of watter vrou wat tien dragmes het, en een dragme verloor, steek nie 'n lamp op, vee die huis uit en soek deeglik totdat sy dit kry nie?
LUKAS 15:8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Of watter vrou wat tien silwerstukke het, as sy een stuk verloor, steek nie 'n kers op en vee die huis uit en soek ywerig totdat sy dit kry nie?