LUKAS 15:21 - Compare All Versions

LUKAS 15:21 ABA (Bybel vir almal)

Toe sê die seun vir sy pa: ‘Pa, ek het sonde gedoen teen God en teen jou. Ek is nie meer goed genoeg om jou seun te wees nie.’

LUKAS 15:21 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En die seun sê vir hom: Vader, ek het gesondig teen die hemel en voor u en ek is nie meer werd om u seun genoem te word nie.

LUKAS 15:21 AFR83 (Afrikaans 1983)

Toe sê die seun vir hom: ‘Pa, ek het teen God en teen Pa gesondig. Ek is nie meer werd om Pa se seun genoem te word nie.’

LUKAS 15:21 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Die seun sê toe vir sy vader, ‘Vader, ek het gesondig teen die hemel en in u oë. Ek is nie meer werd om u seun genoem te word nie.’

LUKAS 15:21 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En die seun sê vir hom: Vader, ek het gesondig teen die hemel en voor u oë, en ek is nie meer werd om u seun genoem te word nie.

LUKAS 15:21 DB (Die Boodskap)

“Toe sê die seun vir sy pa: ‘Pa, ek het baie lelik met Pa gemaak. Ek het ook nie na God geluister nie. Ek verdien nie om langer Pa se seun genoem te word nie.’

LUKAS 15:21 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Sy seun het vir hom gesê: ‘Pa, ek het gesondig teen die hemel én teen Pa; ek is nie langer werd om Pa se seun genoem te word nie.’