LUKAS 14:35
LUKAS 14:35 Bybel vir almal (ABA)
'n Mens kan niks daarmee doen nie. Jy kan dit ook nie op die koringlande of op 'n mishoop gooi nie. Jy kan dit net buite op die straat gooi. As iemand verstaan wat Ek sê, dan moet hy doen wat Ek sê.”
LUKAS 14:35 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Dit is nie bruikbaar vir die grond of vir die ashoop nie. Hulle gooi dit buitekant weg. Wie ore het om te hoor, laat hom hoor.
LUKAS 14:35 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dit is nie eers bruikbaar vir die grond of vir die mishoop nie. Hulle gooi dit buitekant weg. Wie ore het om te hoor, moet luister!”
LUKAS 14:35 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Dit is nie eers geskik vir die grond of vir die mishoop nie. Hulle gooi dit buitekant weg. Laat dié wat ore het om te hoor, luister! ”
LUKAS 14:35 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Dit is nie geskik vir die land nie, ook nie vir die mishoop nie; maar mense gooi dit uit. Wie ore het om te hoor, laat hom hoor.