LUKAS 14:14
LUKAS 14:14 Bybel vir almal (ABA)
Dan sal die Here jou seën, want hierdie mense het niks, hulle kan jou nie terugbetaal nie. Maar die Hére sal jou eendag terugbetaal wanneer al die mense wat reg gedoen het, weer begin lewe.”
LUKAS 14:14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en jy sal gelukkig wees, omdat hulle niks het om jou te vergeld nie; want dit sal jou vergeld word in die opstanding van die regverdiges.
LUKAS 14:14 Afrikaans 1983 (AFR83)
Jy kan jou gelukkig ag dat hulle niks het om jou mee te vergoed nie, want God sal jou vergoed by die opstanding van dié wat reg gedoen het.”
LUKAS 14:14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Dan sal jy gelukkig wees, omdat hulle niks het om jou mee te vergoed nie; want jy sal beloon word by die opstanding van die •regverdiges. ”
LUKAS 14:14 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En jy sal geseënd wees; want hulle kan jou nie vergelde nie, want jy sal vergeld word by die opstanding van die regverdiges.
LUKAS 14:14 Die Boodskap (DB)
“As jy sulke mense uitnooi, is jy ’n baie gelukkige mens. Hulle het niks om vir jou mee dankie te sê nie. Maar dit maak nie saak nie, want God sien raak wat jy doen. En Hy onthou dit. Op die laaste dag wanneer al sy kinders daar voor Hom bymekaar is, wag daar ’n groot geskenk vir jou van God self.”