LUKAS 12:5
LUKAS 12:5 Bybel vir almal (ABA)
Ek sal vir julle wys vir wie julle bang moet wees. Julle moet net vir God bang wees, want wanneer julle dood is, dan kan Hy julle in die hel laat brand. Ja, Ek sê vir julle, julle moet vir Gód bang wees.
LUKAS 12:5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
maar Ek sal julle wys wie julle moet vrees: vrees Hom wat, nadat Hy doodgemaak het, by magte is om in die hel te werp; ja, Ek sê vir julle, vrees Hom!
LUKAS 12:5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek sal vir julle sê vir wie julle bang moet wees: vir Hom wat mag het om, ná die dood, in die hel te werp. Ja, Ek sê vir julle, Hóm moet julle vrees.
LUKAS 12:5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar Ek sal vir julle aantoon wie julle moet vrees: Vrees Hom wat, nadat Hy doodgemaak het, die mag het om iemand in Gehenna te werp. Ja, Ek sê vir julle, Hom moet julle vrees.
LUKAS 12:5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar Ek sal julle vooraf waarsku vir wie julle moet vrees: Vrees Hom wat, nadat Hy doodgemaak het, mag het om in die hel te werp; ja, Ek sê vir julle: Vrees hom.