LUKAS 12:4-5
LUKAS 12:4-5 Bybel vir almal (ABA)
“Julle is my vriende. Daarom sê Ek vir julle dat julle nie bang moet wees vir mense nie. Hulle kan net julle liggame doodmaak. Maar daarna kan hulle niks meer aan julle doen nie. Ek sal vir julle wys vir wie julle bang moet wees. Julle moet net vir God bang wees, want wanneer julle dood is, dan kan Hy julle in die hel laat brand. Ja, Ek sê vir julle, julle moet vir Gód bang wees.
LUKAS 12:4-5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN Ek sê vir julle, my vriende: Moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak en daarna niks meer kan doen nie; maar Ek sal julle wys wie julle moet vrees: vrees Hom wat, nadat Hy doodgemaak het, by magte is om in die hel te werp; ja, Ek sê vir julle, vrees Hom!
LUKAS 12:4-5 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Aan julle, my vriende, sê Ek: Moenie bang wees vir dié wat die liggaam doodmaak en daarna niks verder kan doen nie. Ek sal vir julle sê vir wie julle bang moet wees: vir Hom wat mag het om, ná die dood, in die hel te werp. Ja, Ek sê vir julle, Hóm moet julle vrees.
LUKAS 12:4-5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“My vriende, Ek sê vir julle: Moenie hulle vrees wat die liggaam doodmaak, en daarna niks verder kan doen nie. Maar Ek sal vir julle aantoon wie julle moet vrees: Vrees Hom wat, nadat Hy doodgemaak het, die mag het om iemand in Gehenna te werp. Ja, Ek sê vir julle, Hom moet julle vrees.
LUKAS 12:4-5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En ek sê vir julle, my vriende: Wees nie bevrees vir die wat die liggaam doodmaak en daarna niks meer het wat hulle kan doen nie. Maar Ek sal julle vooraf waarsku vir wie julle moet vrees: Vrees Hom wat, nadat Hy doodgemaak het, mag het om in die hel te werp; ja, Ek sê vir julle: Vrees hom.
LUKAS 12:4-5 Die Boodskap (DB)
“Sê My, vir wie dink julle moet ’n mens die bangste wees, vir mense of vir God? Kyk ’n bietjie: Mense kan miskien jou liggaam doodmaak, maar dis al. God kan baie meer as dit doen: Hy kan jou in die doderyk gooi. En dit is regtig iets om voor bang te wees!
LUKAS 12:4-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Ek sê vir julle, my vriende, moenie bang wees vir dié wat julle wil doodmaak nie. Hulle kan net die liggaam doodmaak; hulle kan niks meer aan julle doen nie. Maar Ek sal julle sê wie om te vrees: Julle moet ontsag hê vir God wat die mag het om mense dood te maak en hulle daarna in die hel te gooi. Ja, Ek sê vir julle, Hóm moet julle vrees.