LUKAS 12:36
LUKAS 12:36 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
asof julle wag vir julle meester om terug te kom van die bruilofsfees af. Dan sal julle gereed wees om die deur oop te maak sodra hy kom en klop.
LUKAS 12:36 Bybel vir almal (ABA)
Julle moet wees soos slawe wat wag dat hulle eienaar terugkom van die fees by 'n bruilof. Wanneer die eienaar kom en aan die deur klop, dan maak die slawe dadelik die deur vir hom oop.
LUKAS 12:36 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En julle moet wees soos mense wat op hulle heer wag wanneer hy van die bruilof terugkom, sodat hulle dadelik vir hom kan oopmaak as hy kom en aanklop.
LUKAS 12:36 Afrikaans 1983 (AFR83)
Julle moet wees soos mense wat vir hulle eienaar wag tot hy van die bruilof af terugkom, sodat hulle dadelik vir hom kan oopmaak as hy kom en aanklop.
LUKAS 12:36 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
En wees soos mense wat vir hulle eienaar wag om van die •bruilofsfees terug te kom, sodat hulle, wanneer hy tuiskom en klop, dadelik vir hom kan oopmaak.