LUKAS 12:11
LUKAS 12:11 Bybel vir almal (ABA)
En wanneer die mense julle na die Joodse regters in die sinagoges vat of wanneer hulle julle hof toe vat, na heidense regters toe, dan moet julle nie bekommerd wees oor wat julle moet antwoord of wat julle moet sê nie.
LUKAS 12:11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En wanneer hulle jul sal bring voor die sinagoges en die owerhede en die gesaghebbers, moet julle jul nie kwel oor hoe of waarmee julle jul sal verdedig, of wat julle sal sê nie
LUKAS 12:11 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Wanneer hulle julle voor sinagoges en owerhede en gesagvoerders bring, moet julle julle nie bekommer oor hoe of waarmee julle julle gaan verdedig of wat julle gaan sê nie
LUKAS 12:11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
En wanneer hulle julle voor die •sinagoges en die owerhede en die maghebbers bring, moet julle nie bekommerd wees oor wat julle ter verdediging moet sê nie
LUKAS 12:11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En wanneer hulle julle na die sinagoges en na die magistrate en magte bring, moet julle nie dink hoe of wat julle sal antwoord of wat julle sal sê nie.
LUKAS 12:11 Die Boodskap (DB)
“Wanneer die mense julle baie sleg behandel omdat julle my volgelinge is, moet julle nie moed opgee nie. As hulle julle voor die hof sleep of voor allerhande hooggeplaastes, hoef julle julle nie te bekommer hoe julle julle gaan verdedig nie. Los maar die advokate en die prokureurs uit. Die Heilige Gees sal persoonlik daar by julle wees om julle te verdedig.