LUKAS 1:78-79
LUKAS 1:78-79 Bybel vir almal (ABA)
God sal dit alles doen omdat Hy baie goed wil wees vir die mense wat aan Hom behoort. Die Here sal na ons toe kom. Hy sal die son wees wat uit die hemel kom en op ons skyn. Sy lig sal skyn oor almal wat in die donker is, oor almal wat in die diep donker is. Die Here sal ons lei, en daar sal vrede wees.
LUKAS 1:78-79 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
deur die innige barmhartigheid van onse God waarmee die opgaande Lig uit die hoogte ons besoek het, om te skyn oor die wat in duisternis en doodskaduwee sit, om ons voete na die pad van vrede te rig.
LUKAS 1:78-79 Afrikaans 1983 (AFR83)
danksy die genadige ontferming van ons God. Soos die môreson sal Hy opgaan en uit die hoogte op ons afstraal, om lig te bring aan dié wat in duisternis en in die skaduwee van die dood lewe, om ons voetstappe te rig op die pad van vrede.”
LUKAS 1:78-79 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
danksy ons God se innige ontferming, waardeur die môreson uit die hoogte oor ons sal opkom, om te skyn oor diegene wat hulle in die duisternis en in die skadu van die dood bevind, en om ons voete op die pad van vrede te plaas.”
LUKAS 1:78-79 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Deur die tere barmhartigheid van onse God; waardeur die dagspruit uit die hoogte ons besoek het, om lig te gee aan die wat in duisternis en in doodskaduwee sit, om ons voete te lei op die pad van vrede.
LUKAS 1:78-79 Die Boodskap (DB)
God is so ongelooflik goed vir ons. Binnekort sal sy genade soos die son oor ons donker wêreld begin skyn. Hy sal lig maak vir almal wat in die donker leef, ook vir hulle wat in die donker kloue van die doderyk vasgevang is. God sal ons weer op die pad van vrede laat stap.”