LUKAS 1:77-78 - Compare All Versions

LUKAS 1:77-78 ABA (Bybel vir almal)

Jy sal vir sy mense vertel dat God hulle sonde vergewe en dat Hy hulle so sal red. God sal dit alles doen omdat Hy baie goed wil wees vir die mense wat aan Hom behoort. Die Here sal na ons toe kom. Hy sal die son wees wat uit die hemel kom en op ons skyn.

LUKAS 1:77-78 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

om kennis van saligheid aan sy volk te gee in die vergifnis van hulle sondes, deur die innige barmhartigheid van onse God waarmee die opgaande Lig uit die hoogte ons besoek het

LUKAS 1:77-78 AFR83 (Afrikaans 1983)

om kennis van verlossing aan sy volk mee te deel: verlossing deur vergifnis van hulle sondes, danksy die genadige ontferming van ons God. Soos die môreson sal Hy opgaan en uit die hoogte op ons afstraal

LUKAS 1:77-78 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

en om sy volk in te lig dat hulle verlos kan word deur die vergewing van hulle sondes, danksy ons God se innige ontferming, waardeur die môreson uit die hoogte oor ons sal opkom

LUKAS 1:77-78 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

om kennis van verlossing aan sy volk te gee deur die vergifnis van hulle sondes, Deur die tere barmhartigheid van onse God; waardeur die dagspruit uit die hoogte ons besoek het

LUKAS 1:77-78 DB (Die Boodskap)

Jy sal vir sy volk vertel hoe hulle by God kan uitkom. Jy sal hulle leer hoe hulle sondes vergewe kan word. God is so ongelooflik goed vir ons. Binnekort sal sy genade soos die son oor ons donker wêreld begin skyn.

LUKAS 1:77-78 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Jy sal sy volk vertel hoe om verlos te word: deurdat hulle sonde vergewe word. Vanweë God se tere ontferming is die lig van die hemel op die punt om oor ons te skyn