LEVITIKUS 9:6
LEVITIKUS 9:6 Bybel vir almal (ABA)
Moses het gesê: “Dit is wat die Here gesê het julle moet doen sodat julle die lig kan sien wat om die Here, die Koning, is.”
LEVITIKUS 9:6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Moses het gesê: Dit is die saak wat die HERE julle beveel het om te doen, sodat die heerlikheid van die HERE aan julle kan verskyn.
LEVITIKUS 9:6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe sê Moses: “Ons sal nou doen wat die Here beveel het. Dan sal die magtige teenwoordigheid van die Here aan julle geopenbaar word.”
LEVITIKUS 9:6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe sê Moses: “Dit is wat die HERE julle beveel het om te doen, sodat die heerlikheid van die HERE aan julle kan verskyn.”
LEVITIKUS 9:6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe sê Moses: Dit is die ding wat die HERE julle beveel het om te doen: en die heerlikheid van die HERE sal aan julle verskyn.