LEVITIKUS 9:23-24 - Compare All Versions

LEVITIKUS 9:23-24 AFR83 (Afrikaans 1983)

en saam met Moses in die tent van ontmoeting ingegaan. Toe hulle uitkom, het hulle die volk geseën. Die magtige teenwoordigheid van die Here is toe aan die hele volk geopenbaar: vuur wat van die Here gekom het, het die oorblyfsels van die brandoffer en die vetstukke op die altaar weggebrand. Toe die volk dit sien, was daar uitroepe van blydskap en het almal op hulle knieë geval.

LEVITIKUS 9:23-24 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Daarop het Moses en Aäron in die tent van samekoms gegaan; en toe hulle uitkom, het hulle die volk geseën. En die heerlikheid van die HERE het aan die hele volk verskyn — vuur het van die aangesig van die HERE uitgegaan en op die altaar die brandoffer en die stukke vet verteer. Toe die hele volk dit sien, het hulle gejuig en op hulle aangesig geval.

LEVITIKUS 9:23-24 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Moses en Aäron het toe in die tent van ontmoeting ingegaan en toe hulle uitkom, het hulle weer die volk geseën. Die glorieryke teenwoordigheid van die HERE het toe vir die hele gemeenskap sigbaar geword. Vuur wat van die HERE gekom het, het die brandoffer en die vet op die altaar verteer. Toe die volk al die dinge sien, was daar uitroepe van vreugde en het hulle op die grond neergeval.

LEVITIKUS 9:23-24 DB (Die Boodskap)

Moses en Aäron het toe saam in die tent waar God gedien word, ingegaan. Toe hulle uit die tent kom, het hulle vir die volk die Here se liefde toegewens. Die hele volk het toe bewus geword dat die Here ook daar teenwoordig is. Daar het vuur van die Here af gekom en die offer op die altaar aan die brand laat slaan en die vet op die altaar laat wegbrand. Die hele volk het gesien wat gebeur het, en hulle het geskreeu en op hulle knieë neergeval om die Here te aanbid.

LEVITIKUS 9:23-24 ABA (Bybel vir almal)

Moses en Aäron het ingegaan in die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn. Toe hulle uitkom, het hulle die volk geseën. Die hele volk het die lig gesien wat om die Here, die Koning, was. 'n Vuur het van die Here gekom, en dit het die brand-offer en die vet op die altaar verbrand.

LEVITIKUS 9:23-24 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Daarna het Moses en Aäron die Tent van Ontmoeting binnegegaan. Toe hulle uitkom, het hulle die volk geseën. Die heerlikheid van die HERE het aan die hele volk verskyn: 'n Vuur het van voor die HERE uitgegaan en die brandoffer en die vet op die altaar verteer. Toe die hele volk dit sien, het hulle gejuig en neergeval met hulle gesigte teen die grond.

LEVITIKUS 9:23-24 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En Moses en Aäron het in die tent van samekoms ingegaan en uitgegaan en die volk geseën, en die heerlikheid van die HERE het aan die hele volk verskyn. En daar het 'n vuur voor die aangesig van die HERE uitgegaan en die brandoffer en die vet op die altaar verteer; en toe die hele volk dit sien, het hulle uitgeroep en op hul aangesig geval.