LEVITIKUS 3:16 - Compare All Versions
LEVITIKUS 3:16 ABA (Bybel vir almal)
Die priester moet dit op die altaar verbrand. Dit is 'n vuur-offer wat lekker ruik vir die Here. Al die vet behoort aan die Here.
LEVITIKUS 3:16 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
En die priester moet dit op die altaar aan die brand steek as vuurofferspys vir 'n lieflike geur. Al die vet behoort aan die HERE.
LEVITIKUS 3:16 AFR83 (Afrikaans 1983)
Die priester verbrand dit op die altaar. Dit is voedsel, dit is 'n vuuroffer wat deur die Here aanvaar word. Al die vet is die Here s'n.
LEVITIKUS 3:16 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die priester moet dit alles op die altaar verbrand. Dit is voedsel, 'n offergawe met 'n aangename geur. Al die vet behoort aan die HERE.
LEVITIKUS 3:16 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die priester moet dit op die altaar aan die brand steek; dit is die vuurofferspis tot lieflike geur; al die vet behoort aan die HERE.
LEVITIKUS 3:16 DB (Die Boodskap)
Die dienaar van die tent van ontmoeting verbrand dit alles op die altaar as die Here se deel van die offer. Dit is ’n vuuroffer wat vir die Here baie lekker ruik. “Al die vet aan die dier behoort aan die Here.
LEVITIKUS 3:16 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Die priester sal dit op die altaar as voedsel verbrand, as ’n vuuroffer vir die HERE. Onthou, al die vet behoort aan die HERE.