LEVITIKUS 24:15-16 - Compare All Versions
LEVITIKUS 24:15-16 ABA (Bybel vir almal)
Jy moet vir die Israeliete sê: Elke persoon wat sy God vervloek, is skuldig, julle moet hom straf. Iemand wat die Naam van die Here laster, moet sterf, die hele volksvergadering moet hom doodgooi met klippe. Mense wat die Naam van die Here laster, vreemdelinge of Israeliete, moet sterf.
LEVITIKUS 24:15-16 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
En met die kinders van Israel moet jy spreek en sê: As iemand sy God vloek, sal hy sy sonde dra. En wie die Naam van die HERE laster, moet sekerlik gedood word; die hele vergadering moet hom sekerlik stenig. Die vreemdeling net soos die kind van die land — as hy die NAAM laster, moet hy gedood word.
LEVITIKUS 24:15-16 AFR83 (Afrikaans 1983)
Sê dan vir die Israeliete: Elkeen wat vir God laster, sal die straf daarvoor kry. Wie die Naam van die Here oneerbiedig gebruik, moet die doodstraf kry. Die hele gemeente moet hom met klippe doodgooi. Dit geld vir gebore Israeliete en vir vreemdelinge: wie die Godsnaam oneerbiedig gebruik, moet sterf.
LEVITIKUS 24:15-16 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Vir die Israeliete moet jy sê, ‘Wanneer enigiemand sy God vervloek, moet hy die gevolge van sy sonde dra. Die een wat die Naam van die HERE laster, moet beslis sterf. Die hele volksvergadering moet hom beslis stenig. Soos 'n gebore Israeliet moet 'n •vreemdeling ook sterf wanneer hy die Godsnaam laster.
LEVITIKUS 24:15-16 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En jy moet met die kinders van Israel spreek en sê: Elkeen wat sy God vloek, sal sy sonde dra. En hy wat die Naam van die HERE laster, hy moet sekerlik gedood word, en die hele vergadering moet hom beslis stenig; sowel die vreemdeling as die wat in die land gebore is, wanneer hy die Naam van die HERE laster, gedood word.
LEVITIKUS 24:15-16 DB (Die Boodskap)
Sê dan vir die Israeliete: Enigiemand wat God se Naam sommerso gebruik sonder eerbied vir die Here, moet daarvoor boet. As ’n Israeliet of iemand van ’n ander plek die Here vloek, sal hy sonder meer doodgemaak word. Die volk moet hom met klippe doodgooi.
LEVITIKUS 24:15-16 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
“Sê dan vir die volk Israel: Hy wat die Naam van die HERE lasterlik gebruik, sal die gevolge van sy skuld dra en sal gestraf word. “Hy wat die Naam van die HERE lasterlik gebruik, moet deur die hele gemeenskap van Israel gestenig word. Enige Israeliet of vreemdeling wat die Naam van die HERE lasterlik gebruik, moet doodgemaak word.