LEVITIKUS 2:1
LEVITIKUS 2:1 Bybel vir almal (ABA)
Die Here het vir Moses gesê: “Wanneer iemand vir My 'n koring-offer wil gee, dan moet hy vir die Here van die beste meel gee. Hy moet olyf-olie oor die meel gooi en hy moet wierook bo-op sit.
LEVITIKUS 2:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN as iemand aan die HERE 'n spysoffer bring, moet sy offer fynmeel wees; en hy moet olie daarop giet en wierook daarby voeg
LEVITIKUS 2:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Wanneer iemand vir die Here 'n graanoffer wil aanbied, kan hy meel aanbied. Hy gooi daar olie oor en sit wierook bo-op.
LEVITIKUS 2:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ ‘ Wanneer iemand vir die HERE 'n •graanoffer bring, moet sy offer gesifte meel wees. Hy moet olyfolie daaroor gooi en wierook langsaan neersit.
LEVITIKUS 2:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En as iemand 'n spysoffer aan die HERE bring, moet sy offer fynmeel wees; en hy moet olie daarop giet en wierook daarop sit.