LEVITIKUS 18:4 - Compare All Versions

LEVITIKUS 18:4 ABA (Bybel vir almal)

Julle moet doen wat Ek sê, julle moet lewe soos Ek besluit. Ek is julle God die Here.

LEVITIKUS 18:4 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

My verordeninge moet julle doen en my insettinge hou om daarin te wandel. Ek is die HERE julle God.

LEVITIKUS 18:4 AFR83 (Afrikaans 1983)

Julle moet my bepalings nakom en my voorskrifte gehoorsaam deur daarvolgens te lewe. Ek is die Here julle God.

LEVITIKUS 18:4 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

My bepalings moet julle uitvoer en my vaste voorskrifte moet julle noukeurig volg. Ek is die HERE julle God.

LEVITIKUS 18:4 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Julle moet my verordeninge doen en my verordeninge onderhou om daarin te wandel: Ek is die HERE julle God.

LEVITIKUS 18:4 DB (Die Boodskap)

Leef volgens my voorskrifte en hou by my reëls, want Ek, die Here, is julle God.

LEVITIKUS 18:4 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Gehoorsaam eerder al my voorskrifte en kom my bepalings noukeurig na, want Ek, die HERE, is julle God.