LEVITIKUS 18:3
LEVITIKUS 18:3 Bybel vir almal (ABA)
Julle het voorheen in die land Egipte gewoon, maar julle mag nie die dinge doen wat die mense van daardie land gedoen het nie. Ek bring julle nou na die land Kanaän, maar julle mag ook nie die dinge doen wat die mense van daardie land doen nie. Julle mag nie lewe soos hulle nie.
LEVITIKUS 18:3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Volgens die werke van die land van Egipte waar julle in gewoon het, mag julle nie doen nie; en volgens die werke van die land Kanaän waarheen Ek julle bring, mag julle nie doen nie, en julle mag in hulle insettinge nie wandel nie.
LEVITIKUS 18:3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Julle mag nie maak soos die Egiptenaars by wie julle gewoon het, of soos die Kanaäniete na wie se land toe Ek julle bring nie. Julle mag hulle gebruike nie navolg nie.
LEVITIKUS 18:3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die gebruike van Egipteland, waar julle gewoon het, mag julle nie nadoen nie, en die gebruike van die land Kanaän, waarheen ek julle gaan neem, mag julle nie nadoen nie; volgens hulle voorskrifte mag julle nie leef nie.
LEVITIKUS 18:3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Volgens die handelinge van Egipteland waarin julle gewoon het, mag julle nie doen nie; en volgens die handelinge van die land Kanaän waarheen Ek julle bring, mag julle nie doen nie; en in hulle verordeninge mag julle nie wandel nie.