LEVITIKUS 18:28 - Compare All Versions

LEVITIKUS 18:28 ABA (Bybel vir almal)

Die land sal julle ook wegjaag as julle die land onrein laat word, soos die land die volk weggejaag het wat vóór julle hier was.

LEVITIKUS 18:28 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Laat die land julle dan nie uitspuug as julle dit verontreinig nie, soos dit die nasie uitgespuug het wat daar voor julle was.

LEVITIKUS 18:28 AFR83 (Afrikaans 1983)

As julle die land verontreinig, sal hy júlle ook uitspoeg soos hy die heidene vóór julle uitgespoeg het.

LEVITIKUS 18:28 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Die land mag ook julle nie uitspoeg omdat julle haar verontreinig soos dit die nasies wat voor julle daar was, uitgespoeg het nie.

LEVITIKUS 18:28 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

dat die land julle ook nie uitspuug as julle dit verontreinig nie, soos dit die nasies uitgespuug het wat voor julle was.

LEVITIKUS 18:28 DB (Die Boodskap)

Julle moet nie ook die land met verkeerde dinge laat vuil word sodat dit van julle ontslae moet raak soos dit die nasies voor julle uitgespoeg het nie.

LEVITIKUS 18:28 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Moenie die land nou rede gee om julle ook uit te spoeg omdat julle dit ook verontreinig soos die mense wat nou daar leef, uitgespoeg gaan word nie.