LEVITIKUS 18:24-30
LEVITIKUS 18:24-30 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Julle moet julle op geen van hierdie maniere verontreinig nie, want dit is wat die heidene gedoen het wat Ek voor julle verdryf. Hulle het die land verontreinig en Ek het die land daarvoor gestraf sodat hy sy bewoners uitgespoeg het. Julle almal, die gebore Israeliete en die vreemdelinge by julle, moet my voorskrifte en bepalings gehoorsaam. Julle mag geen van dié afstootlike dinge doen nie. Omdat die vorige inwoners hierdie afstootlike dinge gedoen het, is die land verontreinig. As julle die land verontreinig, sal hy júlle ook uitspoeg soos hy die heidene vóór julle uitgespoeg het. Elkeen wat enige van hierdie afstootlike dinge doen, sal van sy volksgenote afgesny word! Wees gehoorsaam aan wat Ek julle beveel. Vermy die afstootlike gebruike van die vorige inwoners en hou julleself rein. Ek is die Here julle God.”
LEVITIKUS 18:24-30 Die Boodskap (DB)
“Julle moenie julleself met enige van hierdie dinge vuil maak nie. Dit is omdat hulle hierdie soort goed doen dat Ek niks te make wil hê met die nasies wat Ek voor julle uit die land uit wegjaag nie. Selfs die land het vir my so vuil geword dat Ek dit moes skoonmaak met my straf. Die land gaan van sy inwoners ontslae raak asof hulle uit iemand se mond uitgespoeg word. “Julle moet by my reëls en my voorskrifte hou. Gebore Israeliete sowel as die buitelanders wat tussen julle woon, moet oppas om niks van hierdie lelike dinge te doen nie. Die mense wat voor julle in hierdie land gewoon het, doen hierdie soort dinge. Dit het die land met vuilheid besmet. Julle moet nie ook die land met verkeerde dinge laat vuil word sodat dit van julle ontslae moet raak soos dit die nasies voor julle uitgespoeg het nie. Enigiemand wat enige van hierdie gruwelike dinge aanvang, sal uit sy volk weggejaag word. Handhaaf die standaarde wat Ek gestel het, sodat julle nie dieselfde afskuwelike dinge doen waaraan die inwoners voor julle hulle skuldig gemaak het nie. Moenie julleself met daardie dinge verwerplik maak nie. Ek is die Here julle God.”
LEVITIKUS 18:24-30 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ ‘ Julle moet julle nie op al hierdie maniere verontreinig nie, want op al hierdie maniere het die nasies wat Ek voor julle gaan uitdryf, hulle verontreinig. Die land het onrein geword. Ek het die land tot verantwoording geroep oor haar sondeskuld en sy het haar inwoners uitgespoeg. “ ‘Julle moet my vaste voorskrifte en bepalings nakom. Julle mag nie enige van hierdie afstootlike dinge doen nie, die gebore Israeliete én die •vreemdelinge wat tussen julle woon. Want al hierdie afstootlike dinge het die mense wat voor julle in die land was, gedoen, en die land het onrein geword. Die land mag ook julle nie uitspoeg omdat julle haar verontreinig soos dit die nasies wat voor julle daar was, uitgespoeg het nie. Ja, elkeen wat enige van hierdie afstootlike dinge doen – die persone wat dit doen, moet uit die midde van hulle volk verwyder word. Julle moet die verpligtinge wat Ek julle oplê, nakom, deur geeneen van die afstootlike voorskrifte uit te voer wat voor julle gedoen is nie. Julle mag julle nie daardeur verontreinig nie. Ek is die HERE, julle God.’ ”
LEVITIKUS 18:24-30 Bybel vir almal (ABA)
Jy moenie enige een van hierdie dinge doen nie, want dan sal jy jouself onrein laat word. Die ander volke het dit gedoen en so het hulle onrein geword, die volke wat Ek wegjaag om plek te maak vir julle. Die land het ook onrein geword, daarom sal Ek die land straf sodat die land die mense sal wegjaag. Julle moet aanhou om te doen wat Ek sê en wat Ek besluit, julle moenie een van hierdie dinge doen wat Ek haat nie, die Israeliete moenie dit doen nie, en ook nie die vreemdelinge nie. Want die mense van die land wat vóór julle hier was, het al hierdie dinge gedoen wat Ek haat, en die land het toe onrein geword. Die land sal julle ook wegjaag as julle die land onrein laat word, soos die land die volk weggejaag het wat vóór julle hier was. Julle moet die persoon wat een van al hierdie dinge doen, afsny van die volk. Julle moet aanhou om te doen wat Ek gesê het, julle moenie een van die dinge doen wat die mense gedoen het wat voorheen hier gewoon het nie. Julle moenie julleself onrein laat word nie. Ek is julle God die Here.”
LEVITIKUS 18:24-30 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Verontreinig julle nie deur al hierdie dinge nie, want deur al hierdie dinge is die heidene verontreinig wat Ek voor julle uit verdryf. So het die land dan onrein geword; en Ek besoek sy ongeregtigheid daaraan, sodat die land sy inwoners uitspuug. Maar júlle moet my insettinge en my verordeninge onderhou en niks van al hierdie gruwels doen nie die kind van die land of die vreemdeling wat onder julle vertoef. Want die mense van die land, wat voor julle gewees het, het al hierdie gruwels gedoen, en die land het onrein geword. Laat die land julle dan nie uitspuug as julle dit verontreinig nie, soos dit die nasie uitgespuug het wat daar voor julle was. Want almal wat enigeen van hierdie gruwels doen — die siele wat dit doen, moet uitgeroei word onder hulle volk uit. Daarom moet julle my ordening onderhou om niks te doen van die gruwelike insettinge wat voor julle gedoen is nie, dat julle jul nie daardeur verontreinig nie. Ek is die HERE julle God.
LEVITIKUS 18:24-30 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Julle moet julle op geen van hierdie maniere verontreinig nie, want dit is wat die heidene gedoen het wat Ek voor julle verdryf. Hulle het die land verontreinig en Ek het die land daarvoor gestraf sodat hy sy bewoners uitgespoeg het. Julle almal, die gebore Israeliete en die vreemdelinge by julle, moet my voorskrifte en bepalings gehoorsaam. Julle mag geen van dié afstootlike dinge doen nie. Omdat die vorige inwoners hierdie afstootlike dinge gedoen het, is die land verontreinig. As julle die land verontreinig, sal hy júlle ook uitspoeg soos hy die heidene vóór julle uitgespoeg het. Elkeen wat enige van hierdie afstootlike dinge doen, sal van sy volksgenote afgesny word! Wees gehoorsaam aan wat Ek julle beveel. Vermy die afstootlike gebruike van die vorige inwoners en hou julleself rein. Ek is die Here julle God.”
LEVITIKUS 18:24-30 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ ‘ Julle moet julle nie op al hierdie maniere verontreinig nie, want op al hierdie maniere het die nasies wat Ek voor julle gaan uitdryf, hulle verontreinig. Die land het onrein geword. Ek het die land tot verantwoording geroep oor haar sondeskuld en sy het haar inwoners uitgespoeg. “ ‘Julle moet my vaste voorskrifte en bepalings nakom. Julle mag nie enige van hierdie afstootlike dinge doen nie, die gebore Israeliete én die •vreemdelinge wat tussen julle woon. Want al hierdie afstootlike dinge het die mense wat voor julle in die land was, gedoen, en die land het onrein geword. Die land mag ook julle nie uitspoeg omdat julle haar verontreinig soos dit die nasies wat voor julle daar was, uitgespoeg het nie. Ja, elkeen wat enige van hierdie afstootlike dinge doen – die persone wat dit doen, moet uit die midde van hulle volk verwyder word. Julle moet die verpligtinge wat Ek julle oplê, nakom, deur geeneen van die afstootlike voorskrifte uit te voer wat voor julle gedoen is nie. Julle mag julle nie daardeur verontreinig nie. Ek is die HERE, julle God.’ ”
LEVITIKUS 18:24-30 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Verontreinig julle nie met een van hierdie dinge nie, want deur al hierdie is die nasies verontreinig wat Ek voor julle uit verdrywe; En die land is verontreinig; daarom besoek Ek sy ongeregtigheid daarop, en die land self spoeg sy inwoners uit. Julle moet dan my insettinge en my verordeninge onderhou en geen van hierdie gruwels pleeg nie; geen van jou eie nasie of enige vreemdeling wat onder jou vertoef nie; (Want al hierdie gruwels het die manne van die land gedoen wat voor julle was, en die land is verontreinig;) dat die land julle ook nie uitspuug as julle dit verontreinig nie, soos dit die nasies uitgespuug het wat voor julle was. Want elkeen wat enige van hierdie gruwels pleeg, die siele wat dit pleeg, moet onder hulle volk uitgeroei word. Daarom moet julle my verordening onderhou, dat julle nie een van hierdie afskuwelike gebruike doen wat voor julle gedoen is nie, en dat julle julle nie daarin verontreinig nie: Ek is die HERE julle God.
LEVITIKUS 18:24-30 Die Boodskap (DB)
“Julle moenie julleself met enige van hierdie dinge vuil maak nie. Dit is omdat hulle hierdie soort goed doen dat Ek niks te make wil hê met die nasies wat Ek voor julle uit die land uit wegjaag nie. Selfs die land het vir my so vuil geword dat Ek dit moes skoonmaak met my straf. Die land gaan van sy inwoners ontslae raak asof hulle uit iemand se mond uitgespoeg word. “Julle moet by my reëls en my voorskrifte hou. Gebore Israeliete sowel as die buitelanders wat tussen julle woon, moet oppas om niks van hierdie lelike dinge te doen nie. Die mense wat voor julle in hierdie land gewoon het, doen hierdie soort dinge. Dit het die land met vuilheid besmet. Julle moet nie ook die land met verkeerde dinge laat vuil word sodat dit van julle ontslae moet raak soos dit die nasies voor julle uitgespoeg het nie. Enigiemand wat enige van hierdie gruwelike dinge aanvang, sal uit sy volk weggejaag word. Handhaaf die standaarde wat Ek gestel het, sodat julle nie dieselfde afskuwelike dinge doen waaraan die inwoners voor julle hulle skuldig gemaak het nie. Moenie julleself met daardie dinge verwerplik maak nie. Ek is die Here julle God.”
LEVITIKUS 18:24-30 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Moenie julleself onrein maak op enige van hierdie maniere nie, want dit is hoe die mense wat Ek uit die Beloofde Land verdryf, hulleself onrein gemaak het. Die hele land is deur hulle verontreinig. Dit is waarom Ek die mense wat daar woon, straf. Binnekort sal die land hulle opgooi. Julle moet al die reëls en regulasies noukeurig gehoorsaam en nie een van hierdie afskuwelike goed doen nie. Dit geld vir julle as gebore Israeliete en vir die vreemdelinge wat onder julle woon. “Al hierdie afskuwelike dinge het die mense gedoen van die land waarheen Ek julle neem, en die land het onrein geword. Moenie die land nou rede gee om julle ook uit te spoeg omdat julle dit ook verontreinig soos die mense wat nou daar leef, uitgespoeg gaan word nie. “Wie ook al enigeen van hierdie afskuwelike goed doen, sal uit die gemeenskap van Israel verwyder word. “Wees dus versigtig en gehoorsaam my gebooie en moenie een van hierdie afskuwelike dinge doen nie. Moenie jouself onrein maak deur hierdie goed te doen nie, want Ek, die HERE, is julle God.”