LEVITIKUS 18:12 - Compare All Versions

LEVITIKUS 18:12-13 ABA (Bybel vir almal)

Jy mag nie seks hê met jou tannie nie, sy is jou pa of jou ma se suster.

LEVITIKUS 18:12 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Jy mag die skaamte van jou vader se suster nie ontbloot nie; sy is jou vader se bloedverwant.

LEVITIKUS 18:12 AFR83 (Afrikaans 1983)

“Jy mag nie met jou tante aan vaderskant gemeenskap hê nie, want sy is jou pa se bloedverwant.

LEVITIKUS 18:12 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Die naaktheid van jou vader se suster mag jy nie ontbloot nie. Sy is jou vader se bloedverwant.

LEVITIKUS 18:12 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Jy mag die skaamte van jou vader se suster nie ontbloot nie; sy is jou vader se naaste bloedverwant.

LEVITIKUS 18:12-13 DB (Die Boodskap)

Jy mag ook nie by jou tannie slaap nie, of dit nou jou pa se suster of jou ma se suster is. Sy is julle bloedfamilie.

LEVITIKUS 18:12 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

“Jy mag nie seksuele gemeenskap hê met jou tante, jou pa se suster, nie, want sy is ’n naby familielid van jou pa.