LEVITIKUS 18:1-5
LEVITIKUS 18:1-5 Die Boodskap (DB)
Die Here het nog verder vir Moses gesê om vir die Israeliete te sê: “Omdat Ek, die Here, julle God is, mag julle nie maak soos die mense van Egipte by wie julle gebly het nie. Julle moet ook nie leef soos die mense van Kanaän waarnatoe Ek met julle op pad is nie. Julle mag nie hulle gewoontes aanleer nie. Leef volgens my voorskrifte en hou by my reëls, want Ek, die Here, is julle God. Doen wat Ek vir julle sê. Iemand wat na My luister, se lewe sal voorspoedig wees. Ek is die Here.”
LEVITIKUS 18:1-5 Bybel vir almal (ABA)
Die Here het vir Moses gesê: “Jy moet vir die Israeliete sê: Ek is julle God die Here. Julle het voorheen in die land Egipte gewoon, maar julle mag nie die dinge doen wat die mense van daardie land gedoen het nie. Ek bring julle nou na die land Kanaän, maar julle mag ook nie die dinge doen wat die mense van daardie land doen nie. Julle mag nie lewe soos hulle nie. Julle moet doen wat Ek sê, julle moet lewe soos Ek besluit. Ek is julle God die Here. Julle moet aanhou om te doen wat Ek sê en besluit. Die mens wat dit doen, sal aanhou lewe. Ek is die Here.
LEVITIKUS 18:1-5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
VERDER het die HERE met Moses gespreek en gesê: Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: Ek is die HERE julle God. Volgens die werke van die land van Egipte waar julle in gewoon het, mag julle nie doen nie; en volgens die werke van die land Kanaän waarheen Ek julle bring, mag julle nie doen nie, en julle mag in hulle insettinge nie wandel nie. My verordeninge moet julle doen en my insettinge hou om daarin te wandel. Ek is die HERE julle God. Hou dan my insettinge en my verordeninge wat die mens moet doen, dat hy daardeur kan lewe. Ek is die HERE.
LEVITIKUS 18:1-5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Here het vir Moses gesê: “Praat met die Israeliete en sê vir hulle: Ek is die Here julle God. Julle mag nie maak soos die Egiptenaars by wie julle gewoon het, of soos die Kanaäniete na wie se land toe Ek julle bring nie. Julle mag hulle gebruike nie navolg nie. Julle moet my bepalings nakom en my voorskrifte gehoorsaam deur daarvolgens te lewe. Ek is die Here julle God. Wees gehoorsaam aan my voorskrifte en bepalings. Wie dit doen, sal lewe. Ek is die Here.
LEVITIKUS 18:1-5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die HERE het met Moses gepraat en gesê: “ Praat met die Israeliete en sê vir hulle, ‘Ek is die HERE julle God. Die gebruike van Egipteland, waar julle gewoon het, mag julle nie nadoen nie, en die gebruike van die land Kanaän, waarheen ek julle gaan neem, mag julle nie nadoen nie; volgens hulle voorskrifte mag julle nie leef nie. My bepalings moet julle uitvoer en my vaste voorskrifte moet julle noukeurig volg. Ek is die HERE julle God. Kom my vaste voorskrifte en bepalings na; die mens wat dit doen, sal daardeur lewe. Ek is die HERE.
LEVITIKUS 18:1-5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die HERE het met Moses gespreek en gesê: Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: Ek is die HERE julle God. Volgens die handelinge van Egipteland waarin julle gewoon het, mag julle nie doen nie; en volgens die handelinge van die land Kanaän waarheen Ek julle bring, mag julle nie doen nie; en in hulle verordeninge mag julle nie wandel nie. Julle moet my verordeninge doen en my verordeninge onderhou om daarin te wandel: Ek is die HERE julle God. Daarom moet julle my insettinge en my verordeninge onderhou; as iemand dit doen, hy moet daarin lewe: Ek is die HERE.
LEVITIKUS 18:1-5 Die Boodskap (DB)
Die Here het nog verder vir Moses gesê om vir die Israeliete te sê: “Omdat Ek, die Here, julle God is, mag julle nie maak soos die mense van Egipte by wie julle gebly het nie. Julle moet ook nie leef soos die mense van Kanaän waarnatoe Ek met julle op pad is nie. Julle mag nie hulle gewoontes aanleer nie. Leef volgens my voorskrifte en hou by my reëls, want Ek, die Here, is julle God. Doen wat Ek vir julle sê. Iemand wat na My luister, se lewe sal voorspoedig wees. Ek is die Here.”
LEVITIKUS 18:1-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die HERE het ook vir Moses gesê: “Sê vir jou volk, die Israeliete: Ek is die HERE julle God. Moenie maak soos die Egiptenaars by wie julle gewoon het of soos die Kanaäniete na wie toe Ek julle neem nie. Moenie hulle manier van lewe navolg nie. Gehoorsaam eerder al my voorskrifte en kom my bepalings noukeurig na, want Ek, die HERE, is julle God. As jy my voorskrifte en bepalings gehoorsaam, sal jy deur hulle die lewe vind. Ek is die HERE.