LEVITIKUS 10:9
LEVITIKUS 10:9 Bybel vir almal (ABA)
“Jy en jou seuns mag nie wyn of bier drink wanneer julle na die tent kom waar Ek aan die Israeliete verskyn nie. As julle dit doen, dan sal julle sterf. Julle en julle nageslag mag dit nooit doen nie.
LEVITIKUS 10:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Moenie wyn of sterk drank drink nie, jy of jou seuns saam met jou as julle in die tent van samekoms ingaan, dat julle nie sterwe nie; 'n ewige insetting is dit vir julle geslagte
LEVITIKUS 10:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Jy en jou seuns mag geen wyn of bier drink wanneer julle moet gaan diens doen in die tent van ontmoeting nie, want dan sal julle sterwe. Dit is 'n vaste voorskrif, ook vir julle nageslag.
LEVITIKUS 10:9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ Wyn en sterk drank moet jy nie drink nie, nie jy of jou seuns by jou wanneer julle in die Tent van Ontmoeting ingaan nie, sodat julle nie sterf nie. Dit is 'n voorskrif wat altyd vir julle nageslag geld
LEVITIKUS 10:9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Moenie wyn of sterk drank drink nie, jy en jou seuns saam met jou, as julle in die tent van samekoms ingaan, sodat julle nie sterwe nie; dit sal 'n ewige insetting wees vir julle geslagte.
LEVITIKUS 10:9 Die Boodskap (DB)
“Nie jy en ook nie jou seuns mag enige wyn of ander sterk drank drink wanneer julle in die tent van die Here moet gaan werk nie, want dan sal julle sterf. Dit is ’n reël wat nooit verander kan word nie.