LEVITIKUS 10:19
LEVITIKUS 10:19 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe sê Aäron vir Moses: Kyk, hulle het vandag hul sondoffer en hul brandoffer voor die aangesig van die HERE gebring, en sulke dinge het my oorgekom; as ek vandag sondoffer geëet het, sou dit goed gewees het in die oë van die HERE?
LEVITIKUS 10:19 Afrikaans 1983 (AFR83)
Aäron antwoord toe daarop: “Die mense hét vandag hulle sondeoffer en brandoffer aan die Here gebring, en tog het hierdie ramp my getref! Sou dit dan enige verskil gemaak het as ek die sondeoffer geëet het?”
LEVITIKUS 10:19 Bybel vir almal (ABA)
Aäron het vir Moses gesê: “Kyk, hulle het vandag hulle sonde-offer en hulle brand-offer vir die Here gebring, maar jy weet wat vandag met my gebeur het. Dink jy die Here sou tevrede gewees het as ek vandag die sonde-offer geëet het? Nee!”
LEVITIKUS 10:19 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Aäron het hom teen Moses verweer: “Kyk, vandag het hulle hulle reinigingsoffer en hulle •brandoffer voor die HERE nadergebring, en nogtans het so iets my oorgekom. As ek vandag die reinigingsoffer geëet het, sou die HERE dit goedgevind het?”
LEVITIKUS 10:19 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe sê Aäron vir Moses: Kyk, hulle het vandag hulle sondoffer en hulle brandoffer voor die aangesig van die HERE gebring; en sulke dinge het my oorgekom; en as ek vandag die sondoffer geëet het, sou dit welgevallig gewees het in die oë van die HERE?
LEVITIKUS 10:19 Die Boodskap (DB)
Aäron het toe vir Moses gesê: “My seuns het wel vandag die offers vir die sonde en die offers wat op die altaar vir die Here gebring word, geoffer. Sou dit reg gewees het vir die Here as ek vandag my deel van die offer opgeëis het nadat al hierdie dinge met my en my mense gebeur het?”
LEVITIKUS 10:19 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Aäron het toe namens sy seuns vir Moses geantwoord: “Vandag het my seuns beide hulle sondeoffer en brandoffer vir die HERE gebring,” het hy gesê. “Hierdie soort ding het ook al met my gebeur. Sou die HERE dit goedgekeur het as ek die een was wat vandag die sonde-offer geëet het?”