LEVITIKUS 1:8
LEVITIKUS 1:8 Bybel vir almal (ABA)
Hulle moet die stukke vleis op die hout sit wat op die vuur op die altaar is, hulle moet ook die kop en die niervet daarop sit.
LEVITIKUS 1:8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ook moet die seuns van Aäron, die priesters, die stukke, die kop en die vet reglê op die hout wat op die altaarvuur is.
LEVITIKUS 1:8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dan sit hulle die stukke vleis, die kop en die niervet op die hout op die altaarvuur.
LEVITIKUS 1:8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die seuns van Aäron, die priesters, moet dan die stukke en die kop en niervet rangskik bo-op die hout wat op die vuur op die altaar is.
LEVITIKUS 1:8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die priesters, die seuns van Aäron, moet die dele, die kop en die vet, in volgorde lê op die hout wat op die vuur is wat op die altaar is.