LEVITIKUS 1:16
LEVITIKUS 1:16 Bybel vir almal (ABA)
Daarna moet hy die krop en die vere neem en hy moet dit weggooi, oos van die altaar, op die ashoop.
LEVITIKUS 1:16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Dan moet hy die krop met die vere daaraan verwyder en dit by die altaar gooi, aan die oostekant, op die asplek.
LEVITIKUS 1:16 Afrikaans 1983 (AFR83)
dan verwyder die priester die krop en die vere en gooi dit langs die altaar aan die oostekant op die plek vir die as
LEVITIKUS 1:16 Die Boodskap (DB)
Hy sny ook die krop en die ingewande van die duif uit. Hy gooi dit weg aan die regterkant van die offerplek waar die uitgebrande as en vet lê. Daarna skeur hy die voël aan sy vlerke oop sonder om dit heeltemal uitmekaar te skeur. Die persoon wat by die tent werk, verbrand dan die duif in die vuur op die altaar. Dit word ook beskou as ’n brandoffer, ’n vuuroffer, waarvan die Here baie hou.”