LEVITIKUS 1:12
LEVITIKUS 1:12 Bybel vir almal (ABA)
Die persoon moet die kop afsny en hy moet die niervet afsny. Hy moet die vleis in stukke sny, en die priester moet alles langs mekaar op die hout sit wat op die vuur op die altaar is.
LEVITIKUS 1:12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarna moet hy dit in sy stukke verdeel, met die kop en die vet, en die priester moet dit reglê op die hout wat op die altaarvuur is.
LEVITIKUS 1:12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dan sny die man die offerdier in stukke op, en die priesters sit die stukke vleis, die kop en die niervet op die hout op die altaarvuur.
LEVITIKUS 1:12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die dier moet in stukke opgesny word, en die priester moet dit saam met die kop en die niervet rangskik bo-op die hout wat op die vuur op die altaar is.
LEVITIKUS 1:12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hy moet dit in sy stukke sny, met sy kop en sy vet, en die priester moet dit op die hout wat op die vuur is wat op die altaar is, ordentlik neerlê.