KLAAGLIEDERE 2:4
KLAAGLIEDERE 2:4 Bybel vir almal (ABA)
Die Here het soos 'n vyand sy boog se snaar styfgetrek en Hy het gereedgestaan. Hy het almal wat mooi was, met sy sterk arm doodgemaak in die woonplekke van Sion. Hy was kwaad, en dit het gebrand soos vuur.
KLAAGLIEDERE 2:4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Dalet. Hy het sy boog gespan soos 'n vyand, Hom opgestel met sy regterhand soos 'n teëstander en gedood alles wat 'n lus was vir die oog in die tent van die dogter van Sion; Hy het sy grimmigheid uitgegiet soos vuur.
KLAAGLIEDERE 2:4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Soos 'n vyand het Hy sy boog gespan en aangelê, soos 'n teëstander het Hy al wat dierbaar is, uitgeroei; in die woning van Sion het Hy sy toorn uitgegiet soos vuur.
KLAAGLIEDERE 2:4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy het sy boog soos 'n vyand gespan, met 'n ferm regterhand – Hy het soos 'n teenstander almal wat kosbaar was, om die lewe gebring. In die tent van die dogter van Sion het Hy sy woede soos 'n vuur uitgestort.
KLAAGLIEDERE 2:4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hy het sy boog gespan soos 'n vyand; Hy het met sy regterhand gestaan soos 'n teëstander, en alles gedood wat aangenaam was vir die oog in die tabernakel van die dogter van Sion; Hy het sy grimmigheid soos vuur uitgegiet.