KLAAGLIEDERE 2:19
KLAAGLIEDERE 2:19 Bybel vir almal (ABA)
Jy moet opstaan, jy moet aanhou roep in die nag. Wanneer elke wagbeurt begin, dan moet jy vir die Here sê hoe jy voel. Jy moet jou hande uitsteek na Hom toe en jy moet bid dat Hy jou kinders moet laat lewe, jou kinders wat op al die hoeke van die strate flou word omdat hulle honger is.
KLAAGLIEDERE 2:19 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Kof. Staan op, skreeu in die nag by die begin van die nagwake, stort jou hart uit soos water voor die aangesig van die HERE, hef jou hande op na Hom, ter wille van die lewe van jou kinders wat versmag van honger by die hoek van al die strate.
KLAAGLIEDERE 2:19 Afrikaans 1983 (AFR83)
Staan dwarsdeur die nag op en roep, stort voor die Here jou hart uit soos water, strek jou hande uit, en bid om die lewe van jou kinders, hulle wat van honger beswyk op die hoeke van die strate.