KLAAGLIEDERE 1:5
KLAAGLIEDERE 1:5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Haar teëstanders het haar heersers geword, haar vyande lewe nou rustig. Die Here het haar laat ly oor haar baie sonde; haar kinders het ballinge geword, deur die vyand weggevoer.
KLAAGLIEDERE 1:5 Bybel vir almal (ABA)
Die vyande van Jerusalem regeer nou, en dit gaan goed met hulle. Dit gebeur omdat die Here die mense van die stad straf oor hulle baie sondes. Hulle moes weggaan, hulle het gevangenes geword, hulle vyande het hulle gejaag.
KLAAGLIEDERE 1:5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
He. Haar teëstanders het die oorhand gekry, haar vyande lewe rustig; want die HERE het haar droefheid aangedoen vanweë die menigte van haar oortredinge; haar kinders het in gevangenskap gegaan voor die teëstander uit.
KLAAGLIEDERE 1:5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Haar teenstanders het die oorhand gekry; haar vyande lewe rustig, want die HERE het haar laat ly, omdat sy soveel keer oortree het. Haar kinders moes as ballinge voor teenstanders uit loop.
KLAAGLIEDERE 1:5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Haar teëstanders is die hoof, haar vyande is voorspoedig; want die HERE het haar verdruk weens die menigte van haar oortredinge; haar kinders het in ballingskap gegaan voor die vyand.