KLAAGLIEDERE 1:20
KLAAGLIEDERE 1:20 Bybel vir almal (ABA)
Here, U moet kyk, want ek kry baie swaar. Dit pyn binne-in my, my hart kan nie rus nie, want ek was baie opstandig teen U. My mense sterf in die oorlog op die strate, en in die huise sterf die mense.
KLAAGLIEDERE 1:20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Resj. Aanskou, HERE, hoe benoud ek is, my ingewande is in beroering, my hart draai om in my binneste, want ek was baie wederstrewig; buitekant het die swaard berowe, binnekant is dit soos die pes.
KLAAGLIEDERE 1:20 Afrikaans 1983 (AFR83)
Kyk na my nood, Here! Dit brand in my, ek is verpletter omdat ek so ongehoorsaam was; buite maai die swaard af en in die huise heers die pes.
KLAAGLIEDERE 1:20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Kyk, ek is benoud, HERE, my ingewande gloei. In my krimp my hart ineen, want ek was baie opstandig. Buite maai die swaard af, en in die huis is dit soos die dood.
KLAAGLIEDERE 1:20 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Kyk, HERE! want ek is in benoudheid; my ingewande is onrustig; my hart is in my binneste gedraai; want ek het swaar in opstand gekom; buitekant beroof die swaard, tuis is daar soos die dood.