KLAAGLIEDERE 1:1-5
KLAAGLIEDERE 1:1-5 Bybel vir almal (ABA)
Hoekom het dit gebeur? Kyk hoe leeg is die stad, die stad waar baie mense gewoon het. Die stad het geword soos 'n weduwee. Die mense van die wêreld het almal gedink dit is 'n groot en belangrike stad. Maar die mense van die stad moet nou vir ander volke werk. Hulle huil die hele nag lank, hulle trane vloei oor hulle wange. Daar is niemand wat die stad nou wil help nie, nie een van almal wat lief was vir haar nie. Haar vriende het ontrou geword, hulle het haar vyande geword. Die mense van Juda het gevangenes geword wat swaarkry en hard moet werk. Hulle woon tussen die volke en hulle kry nie 'n plek waar hulle kan rus nie. Al die vyande wat vir hulle gejaag het, het vir hulle gevang, hulle kon nie vlug nie. Daar is niemand op die paaie na Sion nie, niemand kom om daar fees te vier nie, daar is nie mense in die poorte nie. Die priesters kla en sug, die jongmeisies huil en treur, dit gaan sleg met almal in die stad. Die vyande van Jerusalem regeer nou, en dit gaan goed met hulle. Dit gebeur omdat die Here die mense van die stad straf oor hulle baie sondes. Hulle moes weggaan, hulle het gevangenes geword, hulle vyande het hulle gejaag.
KLAAGLIEDERE 1:1-5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Alef. AG, hoe verlate sit die stad wat vol mense was! Sy het soos 'n weduwee geword, sy wat magtig was onder die nasies; die vorstin onder die provinsies het dienspligtig geword. Bet. Bitterlik ween sy snags — haar trane oor haar wange! Sy het geen trooster onder al haar liefhebbers nie; al haar vriende het troueloos teen haar gehandel, haar vyande geword. Gimel. Juda is ontvolk deur ellende en deur sware diensbaarheid; hy sit onder die nasies, sonder om 'n rusplek te vind; al sy vervolgers het hom ingehaal tussen die engtes in. Dalet. Die weë na Sion treur, omdat daar geen feesgangers is nie; al haar poorte lê woes, haar priesters sug, haar jonkvroue is bedroef, en sy self het dit bitter. He. Haar teëstanders het die oorhand gekry, haar vyande lewe rustig; want die HERE het haar droefheid aangedoen vanweë die menigte van haar oortredinge; haar kinders het in gevangenskap gegaan voor die teëstander uit.
KLAAGLIEDERE 1:1-5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ag, hoe verlate lê die stad wat vol mense was! Sy het soos 'n weduwee geword, sy wat magtig was onder die nasies. Sy wat heerskappy gevoer het oor ander moet nou dwangarbeid doen. Onbedaarlik huil sy die hele nag, die trane loop oor haar wange. Niemand van haar vroeëre minnaars is daar om haar te troos nie. Al haar bondgenote het teen haar verraad gepleeg, hulle het haar vyande geword. Juda se mense is weggevoer, hulle kry swaar, hulle is slawe, hulle sit tussen vreemde nasies waar hulle geen rusplek kry nie; hulle agtervolgers het hulle ingehaal, hulle in die noutes vasgekeer. Die paaie na Sion toe treur omdat daar geen feesgangers is nie; al haar poorte is verlate, haar priesters sug, haar jong vroue is bedroef, sy het dit bitter. Haar teëstanders het haar heersers geword, haar vyande lewe nou rustig. Die Here het haar laat ly oor haar baie sonde; haar kinders het ballinge geword, deur die vyand weggevoer.
KLAAGLIEDERE 1:1-5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ag, hoe verlate lê die stad wat vol mense was. Sy het soos 'n weduwee geword, sy wat magtig was onder die nasies. Die prinses onder die provinsies, verrig dwangarbeid. Bedroef huil sy snags, die trane stroom oor haar wange. Daar is niemand onder haar geliefdes wat haar troos nie. Al haar vriende het haar verraai en haar vyande geword. Gebuk onder lyding en geweldige onderdrukking, het Juda in ballingskap gegaan. Sy bevind haar onder die nasies; sy vind geen rus nie. Almal wat haar agtervolg, het haar in haar benoudheid ingehaal. Die paaie na Sion treur, want niemand reis na haar feeste toe nie; al haar poorte is verlate, haar priesters sug. Haar jong meisies is bedroef, en self het sy dit bitter. Haar teenstanders het die oorhand gekry; haar vyande lewe rustig, want die HERE het haar laat ly, omdat sy soveel keer oortree het. Haar kinders moes as ballinge voor teenstanders uit loop.
KLAAGLIEDERE 1:1-5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hoe sit die stad alleen, wat vol mense was! hoe het sy geword soos 'n weduwee! sy wat groot was onder die nasies en prinses onder die provinsies, hoe het sy 'n belastingpligtige geword! Sy ween swaar in die nag, en haar trane is op haar wange; onder al haar minnaars het sy niemand om haar te troos nie; al haar vriende het troueloos teen haar gehandel, hulle het haar vyande geword. Juda het in ballingskap gegaan vanweë ellende en vanweë groot slawerny; sy woon onder die nasies, sy vind geen rus nie; al haar vervolgers het haar tussen die nood ingehaal. Die weë van Sion treur, want niemand kom na die feestye nie; al sy poorte is woes; haar priesters sug, haar maagde is ellendig, en sy is in bitterheid. Haar teëstanders is die hoof, haar vyande is voorspoedig; want die HERE het haar verdruk weens die menigte van haar oortredinge; haar kinders het in ballingskap gegaan voor die vyand.
KLAAGLIEDERE 1:1-5 Die Boodskap (DB)
Ai tog! Hoe verlate is die stad waar mense mekaar eens vertrap het. Sy wat so belangrik was onder die nasies het nou soos ’n eensame weduwee geword. Sy wat die leier was, word nou verplig om vir hulle te werk. Sy sit dwarsdeur die nag en huil met trane wat oor haar wange loop. Niemand van dié wat vroeër by haar gekuier het, wil haar nou kom troos nie. Almal wat eers haar vriende was, het teen haar gedraai. Hulle het haar vyande geword. Juda is weggevat om te gaan swaarkry. Hulle woon tussen vreemde volke waar hulle nie tuis is nie. Die vyand het hulle agtervolg, hulle ingehaal en hulle in ’n hoek vasgekeer. Omdat niemand meer na die feeste by die tempel kom nie, lê die paaie na Sion eensaam en verlate. Die priesters staan by die hek en sug omdat daar niemand meer oor is nie. Die jong vroue is hartseer omdat dit so swaar is om in Jerusalem te bly. Jerusalem se vyande het gewen. Hulle leef nou baie rustig. Die Here laat die stad swaarkry oor die baie dinge wat sy verkeerd gedoen het. Haar vyande het haar kinders weggevat om in ’n ander land te gaan woon.
KLAAGLIEDERE 1:1-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die stad wat vol mense was, is nou verlate. Sy sit alleen daar, soos ’n weduwee wat treur. Die stad wat eens die nasies se koningin was, het nou hulle slaaf geword. Sy sit dwarsdeur die nag en huil. Trane loop oor haar wange. Nie een van haar minnaars wil haar nou kom troos nie. Al haar vriende het haar verraai en haar vyande geword. Juda is weggevoer in ballingskap. Hulle word verdruk en gedwing om te werk. Hulle woon tussen vreemde volke waar hulle nie tuis is nie. Hulle agtervolgers het hulle ingehaal en in ’n hoek vasgekeer. Die paaie na Jerusalem lê verlate, want niemand kom meer na die tempelfeeste toe nie. By die stad se ingang is daar niemand nie. Die priesters staan en sug. Die jong vroue huil. Jerusalem kry bitter swaar. Hulle wat Jerusalem onderdruk, het gewen. Dit gaan goed met haar vyande. Die HERE het die stad gestraf oor die baie sondes wat daar gedoen is. Hulle het haar kinders gevang en weggevat na ’n ander land.