JUDAS 1:9
JUDAS 1:9 Bybel vir almal (ABA)
Maar Migael, die groot engel, het nie dieselfde gedoen nie. Migael het met die duiwel gestry en getwis oor wie die liggaam van Moses mag kry. Migael het toe nie self slegte dinge gesê van die duiwel nie en hy het nie die duiwel ge-oordeel nie. Nee, Migael het vir die duiwel gesê: “ Die Here sal jou straf!”
JUDAS 1:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar toe Mígael, die aartsengel, met die duiwel in woordestryd was oor die liggaam van Moses, het hy geen oordeel van lastering durf uitspreek nie, maar het gesê: Die Here bestraf jou!
JUDAS 1:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Nie eens die aartsengel Migael het so iets gedoen nie. Toe hy met die duiwel gestry het oor die liggaam van Moses, het hy hom dit nie veroorloof om die duiwel te beledig en te veroordeel nie, maar hy het vir hom gesê: “Die Here sal jou straf.”
JUDAS 1:9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Selfs Migael, die aartsengel, toe hy van die Duiwel verskil, en met hom oor die liggaam van Moses geargumenteer het, het dit nie gewaag om 'n lasterlike oordeel uit te spreek nie, maar gesê: “Mag die Here jou straf!”
JUDAS 1:9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar Mígael, die aartsengel, het, toe hy met die duiwel getwis het wat hy oor die liggaam van Moses getwis het, nie 'n lasterlike beskuldiging teen hom durf bring nie, maar het gesê: Die Here bestraf jou.
JUDAS 1:9 Die Boodskap (DB)
Weet julle, nie eens Migael, die hoof van die engele, het dit gewaag om een lelike ding te sê toe hy en die duiwel op ’n dag met mekaar in ’n woordestryd gewikkel was nie. Dit was na Moses se dood toe hulle gestry het oor wat van sy liggaam gaan word. Tog het Migael nie ’n enkele beledigende woord vir die duiwel gesê nie. Hy het dit aan God oorgelaat om hom te veroordeel. Al wat Migael vir die duiwel gesê het, was: “Die Here sal met jou afreken; Hy sal jou straf!”
JUDAS 1:9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Selfs Migael, die aartsengel, het dit nie eers gedoen nie. Toe hy met die duiwel in ’n ernstige woordestryd oor Moses se liggaam gewikkel was, het hy dit nie gewaag om ’n beledigende oordeel teen hom uit te spreek nie, maar hy het vir hom gesê: “Die Here sal met jou afreken.”