JUDAS 1:6-7
JUDAS 1:6-7 Bybel vir almal (ABA)
Julle onthou ook die engele wat nie aangehou het om te doen wat hulle moes doen nie. Hulle het weggegaan uit hulle woonplek in die hemel. Die Here het hulle vir altyd vasgemaak met kettings en Hy het hulle in die donker plek laat bly totdat Hy hulle sal straf op die dag wanneer Hy almal sal oordeel. Julle moet ook onthou wat met die stede Sodom en Gomorra en die stede naby hulle gebeur het. Daardie mense het onsedelik gelewe en hulle wou ook graag seks hê met engele. Daarom is hierdie stede 'n duidelike voorbeeld, dit wys hoe die Here daardie sondes straf met die vuur wat altyd brand.
JUDAS 1:6-7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die engele wat hul eie beginsel nie bewaar het nie, maar hul eie woning verlaat het, het Hy vir die oordeel van die groot dag met ewige boeie onder die duisternis bewaar; soos Sodom en Gomorra en die stede rondom hulle, wat op dieselfde manier as hierdie mense gehoereer en agter vreemde vlees aangeloop het, as 'n voorbeeld gestel is, terwyl hulle die straf van die ewige vuur ondergaan.
JUDAS 1:6-7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dink ook aan wat gebeur het met die engele wat hulle nie binne hulle eie magsgebied gehou het nie, maar hulle aangewese woonplek verlaat het. God het hulle met onbreekbare kettings gebind en hou hulle in duister dieptes vir die oordeel van die groot dag. En dink ook aan die mense van Sodom en Gomorra en die stede rondom hulle. Net soos daardie engele het hulle onsedelike dade gepleeg en omgang gesoek met vreemde wesens. As waarskuwing vir almal word hulle nou gestraf met die vuur wat ewig brand.
JUDAS 1:6-7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
en dat Hy die engele wat hulle nie aan hulle magsgebied gehou het nie, maar hulle woonplek verlaat het, met ewige boeie in die duisternis in bewaring hou, vir die oordeel van die groot dag. So ook dien Sodom en Gomorra, en die omliggende stede, wat op 'n soortgelyke manier as daardie engele ontug gepleeg en agter vreemde liggame aangeloop het, as waarskuwende voorbeeld, omdat hulle die straf van ewige vuur ondergaan.
JUDAS 1:6-7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die engele wat hulle eerste staat nie bewaar het nie, maar hulle eie woning verlaat het, het Hy in ewige kettings onder duisternis bewaar tot die oordeel van die groot dag. Soos Sodom en Gomorra en die stede rondom hulle op dieselfde manier, wat hulleself aan hoerery oorgee en agter vreemde vlees aan geloop het, as voorbeeld gestel word, terwyl hulle die wraak van die ewige vuur ly.
JUDAS 1:6-7 Die Boodskap (DB)
Julle ken ook die verhaal van die engele wat hulle hemelse woonplek verlaat het. Hulle is nou God se gevangenes. Hulle word daar in die pikdonker dieptes van die doderyk vasgeketting totdat God se groot oordeelsdag aanbreek. Julle onthou ook van Sodom en Gomorra en ’n paar ander stede in hulle omgewing. Hulle het dieselfde sondes as die engele gepleeg. Hulle het hulle oorgegee aan losbandigheid. Hulle het selfs probeer om seksuele gemeenskap met die engele te hê. Nou brand hulle almal in die oordeelsvuur. Hulle pyn sal nooit ophou nie. Dit moet ’n waarskuwing wees vir almal wat in sonde leef.
JUDAS 1:6-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
En wat van die engele wat hulle nie gehou het by hulle perke van gesag nie, maar hulle eie woonplek verlaat het? God het hulle met ewige kettings in die donker onder bewaking gehou vir die oordeelsaankondiging op die groot dag. Moet ook nie vir Sodom en Gomorra en die omliggende dorpe vergeet nie. Op dieselfde manier as die engele het hulle seksuele sondes gepleeg en gehunker na wesens anders as hulleself. As waarskuwende voorbeeld verduur hulle die straf van die ewige vuur.