JUDAS 1:6
JUDAS 1:6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die engele wat hul eie beginsel nie bewaar het nie, maar hul eie woning verlaat het, het Hy vir die oordeel van die groot dag met ewige boeie onder die duisternis bewaar
JUDAS 1:6 Bybel vir almal (ABA)
Julle onthou ook die engele wat nie aangehou het om te doen wat hulle moes doen nie. Hulle het weggegaan uit hulle woonplek in die hemel. Die Here het hulle vir altyd vasgemaak met kettings en Hy het hulle in die donker plek laat bly totdat Hy hulle sal straf op die dag wanneer Hy almal sal oordeel.
JUDAS 1:6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dink ook aan wat gebeur het met die engele wat hulle nie binne hulle eie magsgebied gehou het nie, maar hulle aangewese woonplek verlaat het. God het hulle met onbreekbare kettings gebind en hou hulle in duister dieptes vir die oordeel van die groot dag.
JUDAS 1:6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
en dat Hy die engele wat hulle nie aan hulle magsgebied gehou het nie, maar hulle woonplek verlaat het, met ewige boeie in die duisternis in bewaring hou, vir die oordeel van die groot dag.
JUDAS 1:6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die engele wat hulle eerste staat nie bewaar het nie, maar hulle eie woning verlaat het, het Hy in ewige kettings onder duisternis bewaar tot die oordeel van die groot dag.