JUDAS 1:3 - Compare All Versions
JUDAS 1:3 ABA (Bybel vir almal)
My vriende, ek wou baie graag vir julle geskryf het dat God vir ons en vir julle almal gered het. Maar dit is nou belangrik dat ek dadelik vir julle skryf en vir julle ernstig vra om aan te hou werk vir die goeie boodskap. Ons wat in Christus glo, hou vas aan hierdie boodskap. God het hierdie goeie boodskap klaar gegee vir die mense wat aan Hom behoort.
JUDAS 1:3 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
GELIEFDES, terwyl ek alle ywer aanwend om aan julle oor ons gemeenskaplike saligheid te skrywe, het ek die noodsaaklikheid gevoel om julle deur my skrywe te vermaan om kragtig te stry vir die geloof wat eenmaal aan die heiliges oorgelewer is.
JUDAS 1:3 AFR83 (Afrikaans 1983)
Geliefdes, ek was vas van plan om aan julle te skrywe oor die verlossing waaraan ons almal deel het. Maar nou voel ek my verplig om julle met my brief aan te spoor om te stry vir die geloof wat een maal oorgelewer is aan dié wat God vir Hom afgesonder het.
JUDAS 1:3 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Geliefdes, alhoewel ek vas van plan was om aan julle oor ons gemeenskaplike verlossing te skryf, word ek nou genoodsaak om aan julle te skryf en julle aan te spoor om te stry vir die geloof, wat eens en vir altyd aan die heiliges oorgelewer is.
JUDAS 1:3 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Geliefdes, toe ek alle moeite gedoen het om aan julle te skryf oor die algemene verlossing, was dit vir my nodig om aan julle te skryf en julle aan te spoor dat julle ernstig moet stry vir die geloof wat eenmaal aan die heiliges oorgelewer is.
JUDAS 1:3 DB (Die Boodskap)
My liewe vriende, ek het al lankal besluit om aan julle te skryf. My plan was om met julle te praat oor wat dit vir ons almal beteken om in Christus te glo. Maar toe ek hoor wat daar by julle aan die gang is, het ek dadelik van plan verander. Nou skryf ek om julle aan te spoor - nee, om julle te smeek! - om wal te gooi. Julle moet keer dat die ware geloof deur allerhande vals stories verdraai word. Julle weet tog dat die goeie nuus oor Christus eens en vir altyd deur God se boodskappers aan ons almal in die kerk bekendgemaak is. Niemand kan nog enigiets daarby voeg nie.
JUDAS 1:3 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Geliefdes, ek was baie haastig om aan julle te skryf oor die verlossing wat ons met mekaar deel. Maar nou voel ek verplig om aan julle te skryf en julle aan te spoor om aan te hou stry vir die geloofsbelydenis wat eenmalig oorgelewer is aan God se mense.