JUDAS 1:15
JUDAS 1:15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
om gerig te hou oor almal en al die goddelose mense onder hulle te straf oor al hulle goddelose werke wat hulle goddelooslik gedoen het, en oor al die harde woorde wat die goddelose sondaars teen Hom gespreek het.
JUDAS 1:15 Bybel vir almal (ABA)
om almal te oordeel. Die Here sal kom om al die sondaars te straf, Hy sal ook die mense straf wat Hom nie dien nie. Hy sal hulle straf oor al die verkeerde dinge wat hulle gedoen het en oor al die slegte dinge wat hulle teen Hom gesê het.”
JUDAS 1:15 Afrikaans 1983 (AFR83)
en Hy sal oor almal oordeel. Hy sal al die goddeloses, al die sondaars straf oor al die goddelose dinge wat hulle in hulle goddeloosheid gedoen het, en oor al die lasterlike dinge wat hulle teen Hom gesê het.”
JUDAS 1:15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
om oor almal die oordeel te vel, en om alle mense te straf vir al hulle goddelose dade wat hulle in hulle goddeloosheid verrig het, en vir al die vermetele dinge wat goddelose sondaars teen Hom uitgespreek het.”
JUDAS 1:15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
om oordeel te voltrek aan almal en om almal wat goddeloos is onder hulle te oortuig van al hulle goddelose dade wat hulle goddeloos gepleeg het, en van al hulle harde toesprake wat goddelose sondaars teen hom gespreek het.