JUDAS 1:11 - Compare All Versions

JUDAS 1:11 ABA (Bybel vir almal)

Dit sal sleg gaan met hierdie vals leermeesters, want hulle lewe verkeerd en hulle doen sonde soos Kain. Bileam het probeer om die Israeliete te verlei om sonde te doen, hy het dit gedoen sodat hy 'n beloning kon kry. Hierdie vals leermeesters lewe ook so. Hulle is so opstandig soos Korag, en die Here sal hulle verlore laat gaan.

JUDAS 1:11 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Wee hulle, want hulle het die weg van Kain bewandel en om loon hulleself in die verleiding van Bíleam gestort en in die verset van Korag omgekom.

JUDAS 1:11 AFR83 (Afrikaans 1983)

Verskriklik sal hulle lot wees, want hulle het dieselfde pad as Kain geloop, vir geld het hulle dieselfde bedrog as Bileam gepleeg, soos Korag het hulle in opstand gekom, en dit was hulle ondergang.

JUDAS 1:11 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Wee hulle, want hulle het die pad van Kain geloop, en hulleself vir vergoeding aan die bedrog van Bileam oorgegee, en hulle sal, soos met die verset van Korag, omkom.

JUDAS 1:11 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Wee hulle! want hulle het in die weg van Kain gegaan en gulsig agter die dwaling van Bíleam aan gehardloop vir beloning, en omgekom in die teëspraak van Core.

JUDAS 1:11 DB (Die Boodskap)

’n Verskriklike einde wag op hulle. Hulle stap op dieselfde pad van sonde as Kain. Hulle pleeg dieselfde bedrog as Bileam ter wille van geld. En, net soos Korag, kom hulle in opstand. Hulle ondergang staan vas.

JUDAS 1:11 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Ellende wag op hulle omdat hulle hulle op die pad van Kain bevind; deur dieselfde dwaling as Bileam het hulle hulleself verryk; deur dieselfde opstandigheid van Korag het hulle hulleself vernietig.